Psalms 55:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God sal hoor en hulle verdruk, ook hy wat van ouds bly. Sela. Omdat hulle geen verandering het nie, daarom vrees hulle God nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy red my lewe en bring my veilig uit die stryd wat teen my woed, want baie is vyandig teenoor my. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal my lewe red en my die oorwinning gee, al is daar so baie teen wie ek moet veg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met vrede koop Hy my lewe vry van 'n geveg wat teen my gerig is, al is hulle in hulle hordes teen my. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy red my en Hy gee vir my vrede ná die oorlog, ook wanneer daar baie vyande teen my is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal my red. Ek sal weer in vrede met alle mense kan lewe. Daar is so baie mense wat die wêreld vir my moeilik maak. |