Psalms 55:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat die dood hulle oorval en laat hulle lewendig in die hel neerdaal, want goddeloosheid is in hulle wonings en onder hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Watter goeie kameraadskap het ons geniet! Ons het saam gegaan na die huis van God te midde van ’n skare mense!
Afrikaans 1933/1953 Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.
Afrikaans 1983 Ons was so nou aan mekaar verbonde; opgewonde het ons saam na die huis van God toe gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ons wat vertroulike gesprekke saam geniet het terwyl ons in die huis van God loop in die gedrang van mense!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was altyd lekker om met jou te gesels toe ons tussen al die mense by die tempel rondgeloop het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saam het ons groot geheime met mekaar gedeel. Ons het saam kerk toe gegaan om saam met ander gelowiges die Here te dien.