Psalms 55:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar dit was jy, 'n man van my gelyke, my gids en my bekende. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis nie ’n vyand wat my spot nie — dit sou ek kon verdra. Dis nie my vyand wat teen my grootpraat nie — ek sou vir hom kon wegkruip. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek; |
| Afrikaans 1983 | As dit nog my vyand was wat my smaad aangedoen het, sou ek dit kon verdra; as dit 'n teëstander was wat my wou verneder, sou ek hom kon probeer vermy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is immers nie 'n vyand wat my uittart nie – ek sou dit nog kon verduur; dit is nie my hater wat selfvoldaan is teenoor my nie; ek sou my vir hom kon versteek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar dit is nie my vyande wat my vals beskuldig nie. As dit my vyande was, dan sou ek dit verstaan het. Dit is nie die mense wat my altyd gehaat het en wat nou dink hulle is belangriker as ek nie. As dit húlle was, dan sou ek vir hulle weggekruip het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die slegste van alles is dat dit nie my vyand is wat my so verneder het nie. Anders kon ek dit nog verdra. Dit was ook nie iemand wat niks van my hou nie. Anders kon ek uit sy pad probeer bly. |