Psalms 55:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Bodeloosheid is daarin; bedrog en bedrog wyk nie van sy strate nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dag en nag loop hulle rondom op die mure, maar die boosheid en onheil is in die stad! |
| Afrikaans 1933/1953 | Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite. |
| Afrikaans 1983 | dag en nag maal hulle rond op sy mure; daarbinne is onreg en onheil. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dag en nag doen dit die rondte op die stadsmure, en binne die stad is daar onreg en geweld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle hou aan, elke dag en nag, hulle loop op die muur om die stad, hulle doen slegte dinge aan die mense in die stad, hulle laat die mense swaarkry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is ’n spul moeilikheidmakers. Wat hulle doen, is nie reg in u oë nie. |