Psalms 55:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dag en nag trek hulle dit rond op sy mure; ook onheil en droefheid is daarin.
Afrikaans (NLV) 2011 Verslind hulle, Here, en verwar hulle spraak, want ek sien geweld en stryd in die stad.
Afrikaans 1933/1953 Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.
Afrikaans 1983 Dryf hulle uitmekaar, Here, maak hulle taal onverstaanbaar vir mekaar. Ek sien geweld en oproer in die stad;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My Heer, verwar, verdeel hulle tonge, want in die stad sien ek net geweld en stryd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, U moet my vyande deurmekaar maak, die een moenie weet wat die ander een sê nie. Want ek sien daar is mense in die stad wat altyd wil slaan en baklei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Slaan daardie mense wat my wil seermaak heeltemal uitmekaar, Here! Gee dat hulle mekaar nie sal verstaan nie. Al wat hulle kan doen, is baklei.