Psalms 54:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Hy het my uit alle benoudheid gered, en my oog het sy begeerte na my vyande gesien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat my vyande se onheilsplanne teen hulle draai. Maak tog ’n einde aan hulle, want U is getrou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou! [ (Psalms 54:8) Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o HERE, loof, want die is goed; ] [ (Psalms 54:9) want die het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle op my vyande neergesien. ] |
| Afrikaans 1983 | Laat die onheil wat my teëstanders beplan, op hulleself neerkom. U is getrou: vernietig hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal my teenstanders vir hulle kwaad vergeld. Omdat U getrou is, vernietig hulle! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal aan my vyande die slegte dinge doen wat hulle aan my wou doen. O God, U doen altyd wat U self besluit, U moet hulle vir altyd stil laat word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal die kwaad wat mense my wil aandoen, op hulle eie koppe laat neerkom. Omdat U goed is vir u kinders, vra ek dat U hulle sommer vinnig van die aarde afvee. |