Psalms 53:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ag, as die verlossing van Israel uit Sion gekom het! Wanneer God die ballingskap van Sy volk terugbring, sal Jakob juig en Israel bly wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Angs sal hulle daar beetpak, skrik soos nooit tevore nie. Die beendere van julle aanvallers sal God verstrooi. Julle sal hulle tot skande bring, want God het hulle verwerp.
Afrikaans 1933/1953 Dr het skrik hulle oorweldig sonder dat daar skrik was; want God het die beendere verstrooi van hom wat jou beleër het; jy het hulle beskaamd gemaak, want God het hulle verwerp. [ (Psalms 53:7) Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As God die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees. ]
Afrikaans 1983 dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur, so vreeslik soos nooit tevore nie? God sal die bene van dié wat teen sy volk wil veg, op die slagveld verstrooi. Sy volk sal hulle op die vlug laat slaan, want God het hulle verwerp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan oorval skrik hulle as daar niks te vrese is nie. Want God het die beendere van hulle wat jou beleër het, verstrooi. Jy laat hulle beskaamd staan, want God het hulle verwerp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet besef dat julle groot sal skrik, so groot soos julle nog nooit geskrik het nie, want God sal die vyande van sy volk doodmaak en Hy sal die vyande se bene oral gooi. Hulle sal verloor, want God het hulle gelos.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hulle gaan baie groot skrik! Hulle broeke gaan bewe van vrees, maar vir iets waarvoor ’n mens nie moet bang wees nie. Mense wat teen God se kinders baklei, sal deur God vernietig word. God se kinders sal hulle skrik maak, en hulle sal weghardloop. Want God het hulle verwerp.