Psalms 53:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar was hulle in groot vrees, waar geen vrees was nie, want God het die gebeente verstrooi van hom wat teen jou kamp opslaan; jy het hulle beskaamd gemaak, omdat God hulle verag het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sal die boosdoeners nooit leer nie? Hulle verorber my volk soos brood. Hulle weier om God te dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Het die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep God nie aan nie. |
| Afrikaans 1983 | Julle wat onreg pleeg, wat my volk opeet asof julle brood eet, en wat weier om God te dien — weet julle dan nie |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is almal wat onreg pleeg dan sonder insig, hulle wat my volk eet soos 'n mens brood eet? Hulle roep God nie aan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Besef julle wat sal gebeur met julle wat slegte dinge doen? Julle wat my mense op-eet soos mense brood eet, julle wat nie tot die Here bid nie, besef julle wat sal gebeur? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sal die slegte mense nooit leer nie? Hulle behandel die kinders van God sleg. Hulle buit sy kinders uit. Hulle praat nie eens met God nie. |