Psalms 53:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elkeen van hulle het teruggegaan; hulle het heeltemal vuil geword; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God kyk neer vanuit die hemel oor die hele mensegeslag om te sien of daar één is wat verstandig is, één is wat God dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra. |
| Afrikaans 1983 | Van die hemel af kyk God die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God kyk vanuit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat God soek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God kyk uit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat vra wat God wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God soek oral na iemand wat die verstand het om Hom te dien en te doen wat Hy vra. |