Psalms 53:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) God het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand was wat verstaan, wat God gesoek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Net ’n dwaas sê in sy hart: “Daar is geen God nie.” Hulle is bedorwe en hulle dade is boos. Niemand doen iets wat goed is nie!
Afrikaans 1933/1953 Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie! Hulle het sleg gehandel en hul onreg afskuwelik gemaak; daar is niemand wat goed doen nie.
Afrikaans 1983 Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir God. Daar is nie een wat goed doen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dwase sê in hulle hart: Daar is geen God nie. Hulle tree gruwelik en afstootlik op. Daar is nie een wat goed doen nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is dwase mense wat dink daar is nie 'n God nie. Hulle is slegte mense, hulle doen lelike dinge aan ander mense, nie een van hulle doen goed nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis net ’n baie dom mens wat kan dink dat God nie daar is nie. Sy optrede wys dit. Hy doen dinge waarvan God niks hou nie. Lieg en bedrieg is sy voorliefde. Alles wat hy doen, is sleg.