Psalms 52:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal U vir ewig loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal op U Naam wag; want dit is goed voor U heiliges.
Afrikaans (NLV) 2011 “Kyk wat gebeur met die man wat nie by God geskuil het nie: Hy het eerder op sy rykdom vertrou, en deur verwoesting sterk geword.”
Afrikaans 1933/1953 Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid! [ (Psalms 52:10) Maar ek sal wees soos 'n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd. ] [ (Psalms 52:11) Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want die is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote. ]
Afrikaans 1983 “Dis nou die man wat nie op God se krag wou steun nie, maar op sy eie rykdom vertrou het en hom sterk wou maak deur inhaligheid.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Kyk die sterk man! Hy het God nie sy toevlug gemaak nie, maar op sy groot rykdom vertrou. Hy soek toevlug in wat hom vernietig.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Dit is die man wat nie wou hê dat God hom moet beskerm nie, die man wat gedink het al sy baie goed sal hom help.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kyk wat gebeur met iemand wat sonder God wil leef. Hy het gedink geld kan vir hom alles koop. Hy het sterk geword deur ander te vernietig.”