Psalms 52:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ek is soos 'n groen olyfboom in die huis van God: ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die regverdiges sal dit sien en met eerbied vervul word. Hulle sal lag en sê: |
| Afrikaans 1933/1953 | En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê: |
| Afrikaans 1983 | As die regverdiges dit sien, sal hulle met ontsag vervul word en smalend van jou sê: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Regverdiges sal dit sien en ontsag hê, oor hom sal hulle die spot dryf: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat reg lewe, sal dit sien en hulle sal bang word. Dan sal hulle vir hom lag en sê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense wat doen wat God vra, sal dit sien en vol ontsag vir God wees. Hulle sal lekker vir jou lag en spottend sê: |