Psalms 52:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, dit is die man wat God nie sy sterkte gemaak het nie; maar hy het vertrou op die oorvloed van sy rykdom en hom versterk in sy boosheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar God sal jou vir altyd neergooi. Hy sal jou gryp, jou uit jou woning wegsleep en jou ruk uit die land van die lewendes. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela. |
| Afrikaans 1983 | Maar God sal jou vir altyd vernietig. Hy sal jou uitruk en wegsleep uit jou woonplek, Hy sal jou wegruk uit die land van die lewendes. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God sal jou daarom vir goed afbreek Hy sal jou wegruk, jou wegskeur uit die tent; Hy sal jou uitpluk uit die land van die lewendes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar God sal iets doen, Hy sal jou vir altyd breek. Hy sal jou uitruk uit jou woonplek, Hy sal jou laat sterf. Sela |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar God sal jou jou verdiende loon gee. Hy sal jou uit jou blyplek pluk en jy sal in die dood beland. |