Psalms 52:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God sal jou net so tot in ewigheid vernietig; Hy sal jou wegneem en jou uit jou woonplek ruk en jou uitroei uit die land van die lewendes. Sela. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy verkies boosheid bo goedheid en leuens bo die waarheid. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela. |
| Afrikaans 1983 | Jy het die kwaad liewer as die goeie, en die leuen liewer as die waarheid. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy hou meer van die slegte as van die goeie, van leuens meer as om te sê wat reg is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy hou meer daarvan om slegte dinge te doen, jy wil nie goeie dinge doen nie. Jy hou meer daarvan om te lieg, jy wil nie die waarheid praat nie. Sela |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy kies eerder die slegte as die goeie. Jy lieg eerder as om die waarheid te praat. |