Psalms 52:10 — Compare Translations

5 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Maar ek is soos ’n olyfboom wat geil groei in die huis van God. Ek vertrou op God se goedheid so lank as wat ek lewe.
Afrikaans 1983 Maar ek staan sterk soos 'n welige olyfboom; ek is in die huis van God en ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar ek is soos 'n welige olyfboom in God se huis; ek stel my vertroue in God se troue liefde, vir altyd en altyd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar ek? Ek is soos 'n groen olyfboom, ek is in die tempel. Ek is seker dat God altyd sal doen wat Hy belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar ek is by God. Daar is ek soos ’n boom wat welig groei. Ek weet God sal altyd na my omsien. Hy sal vir my sorg.