Psalms 51:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verberg u aangesig vir my sondes en wis al my ongeregtighede uit.
Afrikaans (NLV) 2011 Neem weg my sonde met hisop sodat ek skoon kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.
Afrikaans 1933/1953 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
Afrikaans 1983 Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Neem my sonde weg met marjolein sodat ek rein kan wees, was my, dan sal ek witter as sneeu wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet my reinig van my sonde, soos die priesters dinge reinig met 'n hisop-takkie. U moet my rein maak soos wanneer iemand iets skoon was, so skoon dat dit witter as sneeu is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vat asseblief al die verkeerde dinge wat ek gedoen het ver van my af weg, Here. Kyk op ’n splinternuwe manier na my. Sien my weer as iemand wat niks verkeerds gedoen het nie. My lewe moet so skoon wees soos die witste wol.