Psalms 51:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat my blydskap en blydskap hoor; sodat die gebeente wat jy gebreek het, bly kan wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar U verwag waarheid in die hart. U leer my om wysheid te besit.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.
Afrikaans 1983 Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, getrouheid verwag u reeds in die moederskoot, in die verborgenheid leer U my wysheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek weet, U hou van die waarheid, ook in die donker, U leer vir my wysheid waar niemand dit kan sien nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U wil hê ’n mens moet altyd eerlik en opreg wees, Here. Ek wil bitter graag weet wat U van my verwag. Hoe wil U hê moet ek lewe?