Psalms 51:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Reinig my met hisop, en ek sal rein word; was my, en ek sal witter wees as sneeu.
Afrikaans (NLV) 2011 Want ek is as sondaar gebore, en was dit toe my ma swanger geword het.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
Afrikaans 1983 Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, in sondeskuld is ek gebore, sondig toe my moeder met my swanger geraak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek weet, ek het verkeerd gedoen vandat ek gebore is, ek was 'n sondaar voordat ek gebore is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vandat ’n mens die dag gebore word, ja, vandat jou ma begin verwag, is verkeerde dinge deel van jou lewe. Ek sien dit in my eie lewe. Vandat my ma my in die wêreld gebring het, dryf iets my om ongehoorsaam aan die Here te wees.