Psalms 51:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, U begeer waarheid in die binneste, en in die verborge sal U my wysheid leer ken. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Teen U, U alleen, het ek gesondig; ek het gedoen wat vir U verkeerd is. Daarom is u uitspraak reg en u oordeel regverdig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. |
| Afrikaans 1983 | Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teen U, teen U alleen, het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U gelyk sal hê as U uitspraak lewer, volkome reg wanneer U oordeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het sonde gedoen teen U, net teen U, ek het dinge gedoen waarvan U nie hou nie. Daarom was U reg toe U gesê het dat ek skuldig is, U het nie 'n fout gemaak toe U my ge-oordeel het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek was baie ongehoorsaam aan U, en dit teenoor U alleen. Maar U sal reg optree as U oor my lewe moet besluit. U sal nie die verkeerde ding doen nie. |