Psalms 51:21 — Compare Translations

5 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal die voorgeskrewe offers vir U aanneemlik wees, brandoffers, ja, offers wat heeltemal verbrand word. Dan sal hulle weer bulle op u altaar offer.
Afrikaans 1983 Dan sal die offers wat voorgeskryf is, weer vir U aanneemlik wees: offerdiere wat heeltemal verbrand word. Dan sal hulle weer bulle op u altare offer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan sal U vreugde vind in offers van geregtigheid – brandoffers en volledige offers – Dan sal daar op u altaar jong bulle geoffer word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal U die offers weer geniet wat die mense moet bring, die brand-offers, die diere wat hulle heeltemal offer. Dan sal hulle weer bulle offer op u altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal hulle U weer voluit dien met alles wat hulle het. Hulle sal vir U hulle heel beste gee.