Psalms 51:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal jy 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en volbrandoffer; dan moet hulle bulle op jou altaar offer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart sal U nie verwerp nie, o God.
Afrikaans 1933/1953 Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! [ (Psalms 51:20) Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op. ] [ (Psalms 51:21) Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar. ]
Afrikaans 1983 Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Offers aan God is 'n gebroke gees, 'n gebroke en verpletterde hart sal U, o God, nie minag nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die offers wat God wil hê, is dat 'n mens jammer moet wees oor sy sonde. O God, U wil hê dat 'n mens sleg moet voel oor sy sonde en jammer wees daaroor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al wat U wil hê, is dat iemand laag voor U buig en kom sê hy is jammer oor sy verkeerde dade. God, U sal nooit iemand wat sleg voel oor sy sonde van U af wegstoot nie.