Psalms 51:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verlos my van bloedskuld, o God, God van my heil, en my tong sal jubel oor U geregtigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gee my tog weer die vreugde van u redding en maak my gewillig om U te gehoorsaam. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees. |
| Afrikaans 1983 | Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat my weer die vreugde oor u verlossing ervaar, laat 'n gewillige gees my ondersteun. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet my red sodat ek weer bly kan wees, U moet my help om gehoorsaam te wil wees aan U. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat ek weer bly wees. U alleen kan die lewe weer vir my nuut maak. Help my om U te dien met alles wat in my is. |