Psalms 51:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee my die vreugde van U verlossing terug; en ondersteun my met u vrye gees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Skep vir my ’n rein hart, o God. Gee my ’n nuwe, standvastige gees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. |
| Afrikaans 1983 | Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Skep 'n rein hart vir my, o God, vernuwe 'n bestendige gees in my binneste. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, gee vir my 'n nuwe hart wat rein is, maak my gees in my nuut, sodat ek altyd aan U kan behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak my opreg, God! Maak my van kop tot tone nuut sodat ek kan vasstaan. Moet my nie van U af wegstoot nie. |