Psalms 51:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Skep vir my 'n rein hart, o God; en vernuwe 'n regte gees in my binneste.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee my tog weer blydskap en vreugde; U het my stukkend gebreek, laat my weer vol vreugde wees.
Afrikaans 1933/1953 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.
Afrikaans 1983 Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat my weer uitroepe van vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente wat U verbrysel het, juig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het my baie swaar laat kry, maar U moet my weer vrolik en bly maak, U moet my weer laat juig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Help my om weer opgewonde en bly te wees. Help my om te jubel van vreugde, al het U my swaar gestraf.