Psalms 50:8 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Dis nie weens jou offers dat Ek jou berispe, of oor jou brandoffers wat gedurig voor My is nie.
Afrikaans 1933/1953 Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.
Afrikaans 1983 Dit is nie omdat jy nie offer dat Ek rekenskap van jou eis nie; jou brandoffers is immers gedurig voor My.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is nie oor jou offers wat Ek jou wil teregwys nie; jou •brandoffers is altyd voor My.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wil sê julle doen verkeerd. Hoekom wil Ek dit sê? Sê Ek dit omdat julle offers bring, of omdat julle aanhou om vir My brand-offers te bring? Nee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is nie ongelukkig omdat julle nie vir My geskenke bring nie. Ek onthou altyd julle offers. Dis nie daaroor dat Ek rekenskap van julle eis nie.