Psalms 50:23 — Compare Translations
6 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet. |
| Afrikaans 1983 | “Die mens wat My eer, is die een wat lof as 'n offer bring. Hy wat reg lewe, vir hom sal Ek red.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie dankoffers bring, eer My en wie 'n weg baan – Ek sal hom God se verlossing laat ervaar.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die belangrikste offer wat Ek wil hê van die mens wat My eer, is dat hy vir My dankie moet sê vir alles. Jy moet dankie sê vir alles. Wanneer 'n mens reg lewe, dan sal Ek hom laat sien hoe dit is wanneer God hom red.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Weet julle watter geskenk maak my hart bly? As julle vir My dankie sê en loof deur julle optrede. Die mense wat so leef, sal Ek altyd help.” |