Psalms 50:21 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Dit alles het jy gedoen, maar Ek het stilgebly, en jy het gedink Ek het soos jy geword. Maar nou eis Ek rekenskap van jou en sal jou openlik beskuldig.
Afrikaans 1933/1953 Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel.
Afrikaans 1983 “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie dinge het jy gedoen, maar Ek het stilgebly. Jy het gedink Ek is net soos jy! Ek gaan jou teregwys en vir jou die saak duidelik uiteensit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy het al hierdie dinge gedoen, en toe Ek stilgebly het, het jy gedink Ek is soos jy. Maar nou sê Ek vir jou dat jy verkeerd doen, Ek kyk in jou oë en Ek sê dit reguit vir jou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Terwyl jy so woes aangegaan het, moet Ek stilbly? Dan dink jy dalk Ek maak soos jy. Nee, Ek gaan jou laat deurloop. Jy gaan mooi verstaan waaroor dit gaan. Ek kla jou aan.