Psalms 50:18 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer jy ’n dief sien, maak jy soos hy; en met egbrekers vereenselwig jy jou.
Afrikaans 1933/1953 As jy 'n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers.
Afrikaans 1983 As jy 'n dief raakloop, breek jy saam met hom in, en as jy die kans kry, pleeg jy egbreuk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As jy 'n dief sien, raak jy met hom bevriend, en met egbrekers hou jy jou op.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy is vriende met elke dief wat jy sien en jy pleeg ook egbreuk wanneer ander mense dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy is tuis tussen diewe en mense wat niks van die huwelik dink nie. Jy maak nes hulle.