Psalms 50:17 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Want jy verwerp my vermanings en verontagsaam my opdragte.
Afrikaans 1933/1953 terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp?
Afrikaans 1983 jy wat 'n afkeer het van wat Ek jou leer en jou nie steur aan wat Ek sê nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy is die een wat vermaning haat, en my woorde verwerp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) maar jy haat wat Ek vir jou wil leer en jy doen nie wat Ek sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy wil nie luister wat Ek jou leer nie. Jy doen ook nie wat Ek vra nie.