Psalms 50:11 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Ek ken elke voël op die berge; al wat roer in die veld is Myne.
Afrikaans 1933/1953 Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My.
Afrikaans 1983 Ek ken al die voëls van die berge; al wat roer op die veld, is Myne.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek ken al die voëls op die berge en die insekte van die veld is aan My bekend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek ken al die voëls op die berge, en al die baie diertjies in die veld behoort aan My.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die voëls wat vlieg en die diertjies wat in die veld kruip, is almal Myne.