Psalms 50:1 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here is God, net Hy is God. Hy praat en roep die hele aarde op van waar die son opkom tot waar dit ondergaan.
Afrikaans 1933/1953 'n Psalm van Asaf. Die God van die gode, die HERE, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.
Afrikaans 1983 'n Psalm van Asaf. Die Here is God, Hy alleen is God. Hy spreek, Hy roep die hele wêreld op, van waar die son opkom tot waar hy ondergaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Psalm. Van Asaf. Die God van die gode, die Here, het gepraat en die aarde opgeroep – van waar die son opkom tot waar dit ondergaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Psalm van Asaf. Dit is God, God die Here, wat praat. Hy roep al die mense op die aarde, Hy roep hulle van waar die son opkom tot waar die son ondergaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God, die Here, wat alles kan doen wat Hy wil, praat. Hy alleen is God. Hy roep die hele wêreld nader. Almal moet na Hom luister.