Psalms 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Lei my, o HERE, in u geregtigheid ter wille van my vyande; maak jou pad reguit voor my aangesig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar ek kan u huis binnegaan op grond van u troue liefde; in u heilige tempel sal ek met ontsag aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees. |
| Afrikaans 1983 | Maar ek, ek mag deur u groot liefde in u huis ingaan en in u heilige tempel buig met die eerbied wat aan U verskuldig is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ék mag op grond van u oorvloedige troue liefde na u huis kom; uit ontsag vir U buig ek in aanbidding na u •heilige •tempel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ek mag in u tempel kom, want U is baie genadig. Ek sal by u gewyde tempel laag voor U buig om U te eer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U sal my toelaat om naby U te kom, want ek wil U aanbid. Omdat U u kinders baie liefhet, mag ek na U toe kom. Uit eerbied mag ek voor U neerkniel. |