Psalms 5:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Luister na die stem van my geroep, my Koning en my God, want tot U sal ek bid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | O Here, luister tog na my gebed; gee aandag aan my versugting. |
| Afrikaans 1933/1953 | o HERE, luister na my woorde, let op my versugting. |
| Afrikaans 1983 | Luister tog na my woorde, Here, hoor hoe ek sug. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Luister tog na my woorde, Here; hoor my versugting! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moet luister na wat ek sê, U moet hoor hoe ek kla en sug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoor tog wat ek sê, Here! Luister hoe ek my hart teenoor U leegmaak. Ek kreun. |