Psalms 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want U, HERE, seën die regverdige; met welbehae sal U hom omring soos met 'n skild. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd juig. Beskerm dié wat u Naam liefhet sodat hulle oor U kan jubel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar laat hulle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet. [ (Psalms 5:13) Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met 'n skild. ] |
| Afrikaans 1983 | Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat u Naam liefhet, en hulle juig oor U. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar laat almal wat by U skuil, bly wees; laat hulle vir altyd juig en sprei U beskerming oor hulle uit. Laat dié wat u Naam liefhet, oor U jubel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar U moet die mense bly maak, die mense wat vra dat U hulle moet beskerm, U moet hulle altyd laat juig en U moet hulle beskerm. U moet die mense vrolik laat wees, die mense wat lief is vir u Naam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar laat almal wat by U kom wegkruip, vol vreugde wees! Laat hulle sing van blydskap. Beskerm hulle! Hulle is bly oor U, want hulle is vir U lief. |