Psalms 5:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar laat almal bly wees wat op U vertrou; laat hulle altyddeur jubel, omdat U hulle beskerm; laat ook die wat u Naam liefhet, in U juig.
Afrikaans (NLV) 2011 O God, verklaar hulle skuldig. Laat hulle gevang word deur hulle eie planne. Jaag hulle weg oor hulle baie sondes, want hulle is opstandig teen U.
Afrikaans 1933/1953 Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.
Afrikaans 1983 Laat hulle daarvoor boet, o God, laat hulle deur hulle eie planne tot niet gaan. Dryf hulle weg oor hulle baie sondes, want hulle is opstandig teen U.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat hulle boet, o God, laat hulle deur hulle eie planne tot 'n val kom. Dryf hulle uitmekaar oor hulle baie oortredings, want hulle is in opstand teen U.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) O God, U moet hulle straf. Die planne wat hulle maak, moet hulle self laat sterf. U moet hulle wegjaag na al die kante toe, want hulle doen baie sonde, hulle is opstandig teen U.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God, straf hulle daarvoor! Laat hulle hulle skuld dra. Laat hulle geknoei tot hulle eie val lei. Jaag hulle weg omdat hulle baie slegte dinge gedoen het. Hulle wil niks met U te doen hê nie.