Psalms 5:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verdelg hulle, o God; laat hulle val deur hulle eie raad; verdryf hulle in die menigte van hulle oortredinge; want hulle het teen jou in opstand gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle praat nie die waarheid nie, en begeer ander se vernietiging. Hulle keel is ’n ope graf, hulle tong is pure vleiery.
Afrikaans 1933/1953 Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad.
Afrikaans 1983 Niks wat hulle sê, is waar nie; al waaraan hulle dink, is my ondergang; hulle vlei my, maar hulle wil my in die graf laat beland.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar kom immers niks betroubaars uit hulle monde nie, hulle binneste huisves vernietiging, hulle kele is 'n oop graf, met hulle tonge vlei hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek vra dit, want hierdie mense praat nie die waarheid nie. Hulle dink net oor hoe hulle my kan laat sterf, hulle sê verkeerde dinge oor my, hulle wil my in my graf bring. En wanneer hulle mooi dinge sê, dan is hulle vals.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mens kan niks glo wat daardie oneerlike mense sê nie. Hulle is net daarop uit om mense te vernietig. Hulle praat mooi woordjies, hulle vlei mense, maar met ’n gladde mond bring hulle ander tot ’n val.