Psalms 49:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar God sal my siel verlos uit die mag van die doderyk, want Hy sal my aanneem. Sela. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos skape is hulle vir die doderyk bestem, daar waar die dood hulle herder sal wees. Die opregtes sal oor hulle seëvier wanneer die dag aanbreek; hulle sal verrot in die graf wat vir hulle ’n tuiste sal wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie. |
| Afrikaans 1983 | Soos skape is hulle bestem om te sterwe; die dood is hulle wagter. Sonder meer daal hulle in die graf in; in die doderyk verdwyn alles waarop hulle vertrou het; vir hulle bestaan dit nie meer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos kleinvee is hulle vir die •doderyk bestem, die dood is hulle herder, teen die môre heers opregtes oor hulle. Hulle liggame is bestem vir vertering deur die doderyk, ver van hulle indrukwekkende wonings. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet ook sterf, soos skape, hulle behoort aan die dood. Hulle gaan dadelik in die graf in, dan sien niemand hulle nie, en hulle het niks. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos ’n klomp skape storm hulle agter die dood aan. Die dood pas hulle op. In die doderyk verdwyn hulle binne ’n sekonde. Al wat van hulle oorbly, is ’n verlate grafsteen êrens in ’n begraafplaas. Niks bly oor van alles waarop hulle vertrou het nie. |