Psalms 49:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is hulle weg is hulle dwaasheid, maar hulle nageslag keur hulle woorde goed. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mens in weelde leef nie vir altyd nie, maar sterf self net soos die diere.
Afrikaans 1933/1953 Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.
Afrikaans 1983 Met weelde en al leef die mens nie vir altyd nie; soos die diere, so kom die mens ook tot 'n einde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar 'n mens met skatte is nie blywend nie; hy is net soos die diere – hulle gaan ten gronde;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens lewe nie vir altyd nie, ook nie as hy ryk is nie, hy is soos die diere wat sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nie eens die grootste rykdom verseker ’n lang lewe nie. Op die ou end gaan ons almal dood, net soos die diere in die veld.