Psalms 49:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die mens wat in eer is, bly nie; hy is soos die diere wat vergaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle graf is hulle tuiste vir altyd. Daar sal hulle bly van geslag tot geslag, selfs al het hulle die grond na hulleself vernoem.
Afrikaans 1933/1953 Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.
Afrikaans 1983 Die graf is vir altyd hulle tuiste; van geslag tot geslag is dit hulle woonplek, al het hulle eenmaal grond op hulle naam gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle graf is hulle tuiste vir altyd, hulle woning van geslag tot geslag. Hulle noem stukke grond na hulleself,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle bly altyd in die graf, elke nuwe geslag sien dat hulle daar is, hierdie mense wat voorheen elkeen sy eie grond gehad het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle nuwe adres: die dood! Daar trek hulle nooit weer weg nie. Niemand leef vir altyd nie, al het so ’n mens ook baie eiendom besit.