Psalms 49:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle innerlike gedagte is dat hulle huise vir ewig sal bestaan en hulle woonplekke van geslag tot geslag; hulle noem hul lande na hul eie name. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal kan sien: Wyse mense sterf, ook die dwaas en die stommerik, en laat hulle rykdom agter vir ander. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na. |
| Afrikaans 1983 | Elkeen sien dit tog: wyse mense sterwe net soos dwase en sotte, en laat hulle besittings aan ander na. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Mens sien immers dat wyse mense sterf; saam met die dwaas en die onverstandige vergaan hulle en laat hulle besittings aan ander na. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, hy sal sien dat wyse mense ook sterf soos dwase en dom mense, hy sal sien hulle sterf en hulle los hulle geld en rykdom vir ander mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal weet dit tog: slim mense én dwase mense gaan uiteindelik dood. Alles wat hulle bymekaargemaak het, bly hier agter. |