Psalms 48:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons het aan u goedertierenheid gedink, o God, in die middel van u tempel.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het dit verneem, dit self so gesien, in die stad van die Here, die Almagtige, in die stad van ons God. God sal dit vir altyd vas laat staan. Sela
Afrikaans 1933/1953 Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.
Afrikaans 1983 Soos ons daarvan gehoor het, het ons dit self ervaar hier in die stad van die Here, die Almagtige, in die stad van ons God, die stad wat Hy vir altyd vas laat staan. Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat ons gehoor het, het ons ook ervaar in die stad van die Here, Heerser oor alle magte, in die stad van ons God: God het haar gevestig vir altyd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het daarvan gehoor, en nou het ons dit gesien in die stad van die Here wat oor alles regeer, in die stad van ons God. God laat die stad vir altyd vas staan. Sela
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het hierdie dinge eers gehoor, maar nou het ons dit met ons eie oë gesien. Dit het alles hier in die stad van ons Here, die groot Bevelvoerder, gebeur. Dit is die stad van ons God, wat Hy onbeweeglik vas laat staan, vir altyd.