Psalms 48:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vrees het hulle daar aangegryp en pyn soos van 'n vrou wat baar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle die stad sien, was hulle sprakeloos en het verskrik op die vlug geslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug. |
| Afrikaans 1983 | maar skaars het hulle die stad gesien of hulle het bang geword en verskrik op die vlug geslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die oomblik toe hulle dit sien, was hulle stomgeslaan; verskrik het hulle op die vlug geslaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar toe hulle self die stad sien, het hulle geskrik. Hulle het bang geword, hulle het gevlug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle die stad sien, het hulle so groot geskrik dat hulle so vinnig weggehardloop het as wat hulle kon. |