Psalms 48:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) God is in haar paleise bekend vir 'n toevlug.
Afrikaans (NLV) 2011 Sionsberg, daar teen die noorde, is pragtig daarbo, dis ’n vreugde vir die hele aarde, die stad van die Groot Koning!
Afrikaans 1933/1953 Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
Afrikaans 1983 mooi, hoog geleë, en 'n vreugde vir die hele aarde, Sionsberg teen die noorde, die stad van die Groot Koning.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Indrukwekkend hoog, 'n vreugde vir die hele land is die berg Sion in die verre noorde van die stad van die groot Koning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sionsberg is mooi en hoog. Almal op die aarde is bly oor die berg. Dit is die berg waar God woon, dit is die stad van die Groot Koning.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoog teen die berg lê die stad. Dit maak almal op aarde sommer bly. Dit is die stad in die noorde. Daar bly die groot Heerser oor alles.