Psalms 47:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal die volke onder ons onderwerp en die nasies onder ons voete.
Afrikaans (NLV) 2011 Want ontsagwekkend is die Here, die Allerhoogste, die groot Koning wat heers oor die hele aarde.
Afrikaans 1933/1953 Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, 'n groot Koning oor die hele aarde.
Afrikaans 1983 want aan die Here, die Allerhoogste, kom eerbied toe; Hy is die Groot Koning oor die hele aarde:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want die Here, die Allerhoogste, is ontsagwekkend, 'n groot koning oor die hele aarde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want almal moet die Here eer, die Here, die Hoogste God. Hy is die Groot Koning van die hele aarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe ongelooflik groot is ons Here, die Allerhoogste! Niks en niemand kan met Hom vergelyk word nie.