Psalms 46:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal ons nie vrees nie, al wankel die aarde en al word die berge in die middel van die see weggevoer;
Afrikaans (NLV) 2011 God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed om te help.
Afrikaans 1933/1953 God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
Afrikaans 1983 God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God is vir ons 'n skuilplek en 'n bron van krag; as hulp in benoudheid is Hy altyd te vinde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God beskerm ons en Hy maak ons sterk, Hy is altyd gereed om ons te help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ons in ons nood wil vlug, kan ons na God toe vlug. Hy is baie sterk. As ons beskerming soek, sal die Here ons beskerm. As ons in die moeilikheid is, sal Hy ons help.