Psalms 46:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ons toevlug. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.”
Afrikaans 1933/1953 Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. [ (Psalms 46:12) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela. ]
Afrikaans 1983 Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Bedaar en erken dat Ek God is, Ek is verhewe bo die nasies, Ek is verhewe bo die aarde.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê: “Julle moet ophou veg, julle moet weet dat Ek God is, Ek is hoog bo die volke, hoog bo die aarde.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wees stil en weet Ek is God. Ek regeer oor nasies, oor die hele aarde. Elke mens sal erken dat Ek die belangrikste is. Niks en niemand is en kan so belangrik wees soos Ek nie.