Psalms 45:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al jou klere ruik na mirre en aalwyne en kassie, uit die ivoorpaleise, waardeur hulle jou bly gemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het geregtigheid lief, en haat die kwaad. Daarom het God, u God, u bo u tydgenote met vreugde-olie gesalf. |
| Afrikaans 1933/1953 | U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle. |
| Afrikaans 1983 | U het die reg lief en u haat die onreg, want, verhewe wese, onder groot vreugde het u God u bo u tydgenote tot koning gesalf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het •geregtigheid lief en u haat goddeloosheid. Daarom, o goddelike wese, het u God u met olie van vreugde gesalf – meer as u metgeselle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | jy is lief vir wat reg is en jy haat wat verkeerd is. Daarom het God, jou God, vir jou gesalf en vir jou meer vreugde gegee as vir ander konings. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U hou van wat reg is en haat wat verkeerd is. Daarom het God, u God, u bo almal gekies en as koning aangestel, en almal was baie bly daaroor. |