Psalms 45:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U pyle is skerp in die hart van die koning se vyande; waardeur die volk onder jou val. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Geklee in majesteit, trek tog uit na die oorwinning. Ter wille van waarheid, sagmoedigheid en reg, laat u regterhand skrikwekkende dade verrig! |
| Afrikaans 1933/1953 | ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer! |
| Afrikaans 1983 | Mag u oorwin! Knoop die stryd aan vir die waarheid en vir die reg van die hulpelose! U is geroepe tot magtige dade. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Seëvier in u glansrykheid! Trek op ter wille van waarheid, nederigheid en •geregtigheid! Laat u regterhand vir u ontsagwekkende dinge leer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy is die koning en jy sal doen wat jy moet doen. Waar jy gaan, moet jy reg doen. Jy moet nederig bly, dit is reg, dan sal jy sterk wees en belangrike dinge doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ry uit as oorwinnaar. U veg mos vir wat waar is. Om armes te help en reg op te tree lê u na aan die hart. Ja, u doen magtige dinge. |