Psalms 45:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gord U swaard op U heup, o Magtige, met U heerlikheid en U majesteit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U is die aantreklikste van alle mense. Minsame woorde vloei uit u mond. Daarom het God u vir altyd geseën. |
| Afrikaans 1933/1953 | U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseënvir ewig. |
| Afrikaans 1983 | U is mooier as alle mense; oor u lippe vloei net vriendelike woorde, want u hele lewe lank seën God u. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U is mooier as ander mense, guns vloei oor u lippe, daarom seën God u vir altyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy is mooier as ander mense en jy sê mooi dinge, daarom was God altyd goed vir jou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U, o koning, staan uit tussen alle mense. Almal sien u mooi voorkoms raak. As u praat, kan ’n mens altyd luister. God is altyd baie goed vir u. |