Psalms 44:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar U het ons verwerp en ons beskaam; en trek nie saam met ons leërs uit nie.
Afrikaans (NLV) 2011 O God, ons prys U die hele dag en loof u Naam voortdurend. Sela
Afrikaans 1933/1953 In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.
Afrikaans 1983 Ons het God die hele dag deur geprys en sy Naam altyddeur geloof. Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In God roem ons die hele dag lank, u Naam prys ons vir altyd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het aangehou praat oor wat God gedoen het en ons sal u Naam altyd prys. Sela
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het U toe heeldag lank geprys en bewonder. Ons het U geloof.